Tuesday 21 June 2011

Woorde van Byna Herfs - Lise Beekman


Ryno is my vriend wat langs die grootste water bly
Hy sê nie eintlik veel nie, maar hy sê hy is lief vir my
Sy stiltes maak my rustig
Sy gesels is sommer so
En iewers in die sommer so
is hy gestuur soos n engel van bo

Hy sê: 'Lielie, dis byna herfs'
en hy maak my smile
as hy lag uit sy maag
en sê daar's baie meer om te sê
maar by dit gaan hy volstaan
Lielie, dis byna herfs

Ryno is my vriend
wat my van tyd se wysheid leer
Dit gebeur so innie verbygaan
-tydsaam, sonder probeer
Op Stilbaai loop ons kaalvoet en
gesels oor wat was en wat kom
Net daar wens ons tyd kon stilstaan
Tot hy weer bel in die nuwe jaar

Hy maak die mooiste prente van koek en tee by die see
Hy skryf die mooiste briewe wat van ander wêrelde sê
Hy eet weetbix in die more en hang wasgoed op die draad
En hy lag, hy lag, hy lag uit sy maag

No comments:

Post a Comment