Tuesday 21 June 2011

Woorde van Ek hou van jou - Lize Beekman

Ek hou van jou is onnodig gesê
Jy kon dit lankal tussen die lyne
Van my lyf sien lê
Van noord tot suid, oos en wes
En alles tussenin
Lees dit dat ek jou wil hê

Ek is lief vir jou bly ongesê
Nie oor die of daai, of wat ook al
Dis net vir nou, vir eers
Woorde is soms onnodig
Want die hart gaan sy gang
En my lyf verraai dat ek jou verlang...

Die son sak mooi in die rooiste rooi
Die aandster weet ek probeer
Vergeet
Dat jy ver is, dat ek alleen is...

Ek mis jou so is eenvoudig om te glo
Met die eenvoud van n slaaptyd storie
Lees dit in my oë
En elke dag se doen en late
Gaan stil-stil verby
Want in elke uur is dit eintlik net jy...

Ek wens jy was hier...

7 comments: