Wednesday 1 June 2011

Woorde van Grassade - Dozi


Ek loop maar katvoet
Deur my woorde
Soos deur die bitter mooi Karoo
Iewers skuil daar nog akkoorde
Iewers waai 'n rolbos vas

KOOR:
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai

Ek speel op die walle
Van die groot rivier
Begrawe my drome
In die sand
'n Sterretjie vir Kersfees
Is nie veel gevra
Noem hom sommer maar
My naam

KOOR

Warm warrel winde
Draai en draai
My gedagtes
Daarin vasgevang
En as ek dit eendag
Daar los kan woel
Sal ek vir jou 'n poskaart stuur

5 comments: