Tuesday 21 June 2011

Woorde van Oomblik van Waansin - Mel Botes


In ‘n oomblik van waansin
het jou siel se grendels oopgeskeur
jou waaksaamheid het verskuif
om plek te maak vir die sielsieke gedruis
in jou gemoed
Die mense gaan almal huistoe
maar om jou is die mure wit
jy roerloos daar’s brommers jy kwyl
strak starend staar na die dak

Waansin waansin
wat sê jou verstand ou pêl
waansin waansin
is jy mal of is jy wel

Het die mense dit aan jou gedoen
of was dit slegs ‘n gekap in jou geheue
ek wens ek kon jou hartseer soen
jou waansin binnetree

Jou spore lê in eelteswam
in ‘n diepe donker woud
jou hart is ‘n ou slikdam
geheimsinnig en koud

Waansin o waansin
wat sê jou verstand ou pêl
waansin waansin
is jy mal of is jy wel

No comments:

Post a Comment