Tuesday 21 June 2011

Woorde van Saartjie - Lize Beekman


Gister het Saartjie wat ons lankal reeds weet
Want die lyf se taal gaan woorde soms vooruit
Sy kom groet vandag, want more gaan sy ry
Sy gaan soek vir n plek waar die son bietjie
Warmer skyn

Daar's geen hartseer oor iets hier nie
Geen verlange na iets daar nie
Sy beloof haar hart is rustig en stil
Sy bind haar nie aan tyd nie,
En die plek, sy sal nog sien
Om die pad te vate en ry hou soms rede hê verby

Koebaai Saar, koebaai - laat weet ons hoe jy ry

Saartjie sê gister: die highway is lank en stil
Sy's meestal oppad, soms verdwaal
En sy maak net soos sy wil
'You only know your boundaries
Once you've crossed them' - onthou sy
Sy ontdek daar's meer as een plek
Waar die son bietjie warmer skyn

Hoe ry jy, Saar, laat weet ons hoe jy ry

Soos die wind, soos die wind
Ek ry soos die wind


No comments:

Post a Comment