Thursday 9 June 2011

Woorde van Skimme - Koos Du Plessis

Daar's skimme op donker balkonne
met lee, oop koffers wat wag
daar's skimme op skemer perronne
wat wag op 'n trein na die dag

weerlose, weerlose mense
op reis van perron na perron
in 'n middernagland sonder grense of tyd
en 'n ewigheid ver van die son, van die son
en 'n ewigheid ver van die son

daar's skimme, gewikkel in jasse
verskans teen die winde van ys
daar's skimme met kiste soos tasse
vol drome gepak vir die reis

2 comments: