Tuesday 21 June 2011

Woorde van Vir Altyd - Mel Botes


In lantern brand gesigte teen die ruit
die skadu’s van geslagte in ou myne toegesluit
‘n drogbeeld van verwarring uit ‘n swart en wit verhaal
‘n boodskap van ‘n onderwêreld wat niemand kan vertaal
Ek sien vanaand die aandvlerk wat bo-oor my kom sweef
vanuit klankdig stoomkastrolle wat van afvalpote leef
‘n troumars spoeg beloftes uit n orrelpyp se buik
uit geelbevlekte albums staan ‘n mooie jonge bruid

‘n Laerskoolmeisie sing gevlegseld liefde in haar jeug
in die slaghuis spat ‘n bloedklont die blokman lyk verheug
die slagveld word ‘n piekniek met hul arms steeds omhoog
pionne van verwardheid in skermutselings onthoof

‘n Sakeman se glimlag word ‘n bedelaar se hoop
bedrieër met sy ougeld wil ‘n samelewing koop
jou lewe word n stuiptrek van niksbesappe vrug
jou verbeeldingsvlug ‘n aanwins vir ‘n microsoft se klug

Ek neem jou saam na vir altyd
waar jy heeltyd hier kan wees
ek neem jou saam na vir altyd
waar jy heeltyd hier sal wees

Ek neem jou saam na vir altyd
waar jy heeltyd hier moet wees
ek neem jou saam na vir altyd
waar jy heeltyd hier kan wees

Miskien was dit die reënstemme wat my fluisterend wou versuip
laat wegdryf na ‘n malheid in ‘n doolhof weg te kruip
‘n sneeubedekte slagaar word die hoofweg na my hart
vitamienbevlekte bloedmars is in optog teen my smart

As ek myself kon toesmeer en weerhou van wat gebeur
sou ek jou kon wegdra van verandering en verhoed dat jy verweer
die wereld lê in knusse slaap in ‘n blindeoor se bloed
ek vou my arms om die ligsin van die gulsig maagdevroed

Daar’s ‘n rak vol spoke en ‘n stofpad wat aanhoudend aan my kleef
om die holtes van my skedel die loerplek van die dood
ja hulle sê as jy te veel kan sien sal die oubaas jou kom haal
jou pakslae gee en ook sakgeld om jou siel te kan betaal

Ek neem jou saam na vir altyd
waar jy heeltyd hier kan wees
ek neem jou saam na vir altyd
waar jy heeltyd hier moet wees

Ek neem jou saam na vir altyd
waar jy heeltyd hier kan wees
ek neem jou saam na vir altyd
waar jy heeltyd hier sal wees

No comments:

Post a Comment