Tuesday 31 May 2011

Woorde van Boggom en Voertsek - David Kramer

In ‘n Boesmanlandse dorpie ry ‘n vaal ou Pontiac
Voor sit ou Boggom en agter sit Voetsek
Boggom dra blou jannas en ‘n tiervel om sy hoed
Op sy frokkie staan daar groot geskryf: Kentucky is vingerlek-goed

Boggom bestuur die Pontiac so lekker op sy gemak
Sy een poot op die stuurwiel, die ander poot op die dak
En Voetsek is opgewonde, hy sluk aan sy kannetjie wyn
Hy sê: “Boggom, gee nog vet ou pêl, dat die naaldjie daar verdwyn”.

KOOR:

Ou Boggom en Voetsek hulle ry daai Pontiac
Deur die Knersveldvlakte dat die stoffies daarso trek
Voetsek van der Merwe en Boggom bobbejaan
Ja hulle is ‘n legende oral waar hul gaan

Daar in die Hantamwêreld met die boegoebossie-geur
Ou Boggom trap die petrol, hulle gons die dorpie deur
Hulle skree daar met die teerpad af in die rigting van die Kaap
En ou Boggom is so ewe casual, hy bly net aan die gaap
Maar Voetsek se oë is pieringgroot, lyk nes Oupa Uil
Hy sien nie vir Jakkals Bloubaadjie wie daar agter die bossies skuil
Ou Jakkals sit hul agterna, die vet is in die vuur
En hy jaag hul daar van Garies tot onder in Napier

KOOR (1 x)

Met die hulp van ou Varkie Vaalpens het ou Jakkals vir hulle gevang
Ver van die Sandveldvlakte en die Hantamberg se hang
Hulle sit daar agter in die poliesvan, ou Jakkals en Varkie voor
En loer deur die tralies met hul groot wit pieringoë
Ja die twee het daar gesit in die tronk op Napier
Voetsek vir drie maande en Boggom sommer vier

Ja die twee van hul het saam gejol
Waar die Hantamwêreld strek
Ek hoor Boggom is nou lid van die Dropsraad
En ou Voetsek, ag, hy’s lankal vrek

No comments:

Post a Comment