Tuesday 31 May 2011

Woorde van Ek dink aan Jou - Dozi


Buitekant lê 'n tarentaal se veer
en ek wonder wat ek hieruit kan leer
daar is baie myle tussen doen en sê
en alles wat is was al gewees
Om agter 'n glashuis se deur te staan
en hoop niemand sien jou daar
'n honderd en een besluite geneem
maar alles bly ongedaan

Ek ruik die soet geur van muskus
wat hang in die gang
en ek dink aan die pêrels op jou lyf

Buitekant lê die sneeu en wag
om 'n sneeuman te word wat breed glimlag
ek wil niks meer bewys nie ek het my versoen
by alle stasies aangedoen
ek het die lewe se vreemde paaie geloop
'n goeie begrip is net 'n halwe woord
aamdagtig gesit,ek het die tyd bekyk
alles gedoen wat gedoen moes word

Ek ruik die soet geur van Muskus
wat hong in jou gang
en ek dink aan die pêrels op jou lyf

No comments:

Post a Comment