Tuesday 31 May 2011

Woorde van Laat die honde huil - David Kramer

Piet Bek is sy bynaam, Piet Plaatjies is hy gedoop
Sy kitaar wat hy op speel is by die laybye shop gekoop
Piet Bek ry sy bicycle daar langs die Waaihoekpad
Sy vingernaels is vuil en sy hande, hulle’s hard

KOOR:

As ou Piet so sing, sing hy diep uit sy keel
En die mense klap, klap, klap as ou Piet so speel
Dan wil die mense net dans, dans, dans vanaand om die vuur
Laat die honne huil, huil, huil dis ou Piet se plesier (2 x)

Hy is verlief op Lenie, hy wil haar liefde wen
Hy sing haar hartseer liedjies, dis mos al wat Piet Bek ken
Die Waaihoek se wind waai weer, staan regop soos hy trap
Vanaand as hy vir Lenie sien, dan word daai bene pap

KOOR (1 x)

Hy klop-klop aan venster, en hy klop-klop aan haar deur
Sy hare is gekam en sy baard is glad geskeer
Piet Bek ken die drukke op die nek van die kitaar
Maar die drukke van die liefde, o dit maak hom deurmekaar

KOOR (1 x)

Laat die honne huil, huil, huil dis ou Piet se plesier


3 comments: