Tuesday 31 May 2011

My Kamer - Amanda Strydom

Ek het lankal immigreer na 'n kamer in my kop
Vandaar hou ek versigtig die wêreld om my dop
My kamer bied 'n skuilte as die storms buite woed
My kamer ken geheime, my kamer ken my goed
Beskut my teen 'n wêreld waar ek ongemaklik leef
Bevry my van bagasie en laat my rustig wees

Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
tot dit tyd word om te gaan

My kamer het geen meubels, geen boek of skildery
Geen spinnerak of rommel om my aandag af te lei
My kamer het groot vensters, sonder luike of gordyn
Uitsig onbelemmerd, net die son wat helder skyn

Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
tot dit tyd word om te gaan

Ons ken die komplot van die drama
Elke eeu word daar flink repeteer
Net die rolverdeling en dekor verander
Maar waar is die groot regisseur, waar is die groot regisseur

Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
tot dit tyd word om te gaan

2 comments: