Tuesday 31 May 2011

Woorde van Verbeel ek my - Dozi


Verbeel ek my
Of hoor ek jou lag
Agter elke tafel
In die restaurant
Verbeel ek my ek sien jou staan
Langs die engel
In derde laan
Aan die bokant van die straat

KOOR:
Ek hoor die tjello speel
Sien die mense dans
Deur 'n wasigheid
Voor my gesig
Ek hoor 'n tjello speel
Sien die mense dans
Verlang my morsdood
Na jou

Verbeel ek my
Is dit jy?
Voor die spieƫl
In die skemergang
Verbeel my ek sien jou staan
Glimlag vir die dowwe maan
In hierdie wolkelose aand

KOOR


No comments:

Post a Comment