Thursday 9 June 2011

Woorde van Mansmens van my - Helene Bester

Soos die blare val van elke boom

in hierdie herfstyd van my hart.

En soos die son op die stamme dans,

gee ek ons liefde nog 'n kans.

Bedink ek ons saamwees elke dag.

Begeer ek net nog 'n uur elke slag.



Beloof jy om nooit vir my alleen te los?

En sal jy saam bly lag en huil?

Kan jy my hand vat en my lei?

Wil vir altyd jou meisiekind bly.

Besef dat dit nie vir ewig kan wees,

maar dat herinneringe tog bly leef.



Soms wonder ek of jy ook droom?

En dink jy aan my voor jy slaap?

Wil jy ook graag aan my wang raak en streel?

Want ek glo aanraking maak heel.

Sal jy my toemaak as die winter klou?

Sal jy my mansmens wees, vir altyd en vir nou?

1 comment: