Tuesday 21 June 2011

Woorde van Lady van Bo Dorp - Koos Kombuis


Ek kuier in jou voorhuis tussen mikrogolwe se gesuis
Jou pa rook pyp, jou ma is kuis and each status symbol’s in it’s place
Julle kennis en kultuur, die wys in elke meubelstuk se prys
Jou broer studeer nou in Parys, jou ouma maak groentesop en vleis
Die bediende is ‘n mental case in die nuut her-ontwerpte hout kombuis
Ek het jou op Koelbaai ontmoet met “Frankie goes to Hollywood”
Met ons eerste soen was ek vol moed, al was my klere vol stof en roet
Van Langstraat, Hillbrow en Goodwood, daar was olie vlekke op my hoed
En my hande was vreemd en benoud op jou sagte lyf, jou asem soet
Jou aksent en jou mooimaak goed, teen al die ander was jy tog te cute

Koor:
Jy’s my Lady van die Bodorp, jy verstaan
My Lady van die Bodorp na wie ek snags kan gaan
Jy’s my quality en class, jy maak liefde sonder om te raas
Ek maak nooit weer ‘n ander pass

Toe het ek julle buurt leer ken, almal was mal of into Zen
Ge-patchde T-Shirts, jeans, Hang-Ten, in elke sweater sak ‘n blink vulpen
Almal smile so vriendelik en vra my wie’s nou sonder pen
Nou’s ek nimmer meer alleen, want ek weet ek het jou hart gewen
Dis soos ‘n sprokie van Hans Andersen, ver van gewere, haat en sten
Hulle ken van Classics en Jacques Brel, hulle weet hoe om Bordeaux te spel
Hulle lees boeke soos “Een vir Azazel”, en gesels oor SAR se private hell
Hulle is vriendelik as jy hulle bel om jou al die nuutstes te vertel
Van so en so se “kiss, don’t tell”, jou paspoort is jou ryk, wit vel
Selfs die proffessore is jou pêl, dis so anders as in Brackenfell

1 comment: