Thursday, 9 June 2011

Woorde van Langs die Pad - Karla Du Plessis

EK LOOP OP DIE GRONDPAD
KYK OM MY ROND
DIE VELD WAS NIE ALTYD SO KAAL NIE
AGTER MY WURM DAAR ‘N STOFSTREEP VAN SEER
DIE SON BAK ‘N ROOF OOR MY WOND
EK STAP OP MY EIE
EK EN MYSELF
WANT NIEMAND KEN MY VERHAAL NIE
IN JUIS SULKE TYE SOU JY MY HELP
MAAR DIé SLAG KOM JY MY NIE HAAL NIE
REFREIN:
MAAR JY SAL ALTYD DAAR WEES LANGS DIE PAAIE
LANGS DIE PAD
IN EN UIT MY OMGEWING
IN DIE BLOMME, DIE SONSKYN EN STROOMPIES
SAL JY DAAR WEES
IN MY VERBEELDING
JY SAL ALTYD DAAR WEES LANGS DIE PAAIE
VAN MY HART
WANT JY’T DIT GESTROOP
VAN DIE BLOMME, DIE SONSKYN EN STROOMPIES
WAARLANGS MY STOFPAD NOU LOOP
EK LOOP OP DIE GRONDPAD
STAP MAAR NET AAN
EK LOOP EN EK WEET NIE WAARHEEN NIE?
WANT JY WAS MY RIGTING, JY WAS MY BESTAAN
EN EK WAS NOG NOOIT SO ALLEEN NIE
REFREIN:
EK LOOP SOVEEL URE
LOOP SOVEEL DAE
OP ‘N GRONDPAD WAT NIEMAND KAN SIEN NIE
EK LOOP MET DIE TWYFEL, EK LOOP MET DIE VRAE
WANT EK HET DIT NIE VERDIEN NIE
REFREIN:
JY SAL ALTYD DAAR WEES LANGS DIE PAAIE
VAN MY HART
WANT JY HET OOK EENS DAAR GELOOP


No comments:

Post a Comment