Tuesday, 21 June 2011

Woorde van Onthou (vir Willem) - Laurika Rauch


JY SÊ VIR MY EK MOET VIR JOU ‘N LIEDJIE SKRYF, SODAT JY MY
KAN ONTHOU WANNEER EK DALK SOU WEGGAAN MET DIE TYD
JY SÊ JY WIL VAN MOZART HOOR, VAN BILLY JOEL EN KOOS KOMBUIS
EN DAT EK TOG ‘N STUKKIE QUEEN MOET INSIT NET VIR JOU

EK SÊ VIR JOU JY SAL MY NIE ONTHOU MET SO ‘N LIEDJIE NIE,

MAAR WEL MET ELKE NOOT MUSIEK WAT IEWERS BEGIN LEEF

KOOR:

ONTHOU KOM UIT DIE BLOUTE, LIEF
ONTHOU KOM UIT DIE NIET
JY SAL DIT NIE KAN TOONSET NIE
JY SAL DIT NIE KAN SIEN NIE

ONTHOU KOM UIT JOU HART


JY SÊ VIR MY EK MOET VIR JOU ‘N STORIE SKRYF, SODAT JY MY

KAN ONTHOU WANNEER EK DALK SOU WEGGAAN MET DIE TYD
JY SÊ JY WIL VAN PADDAS HOOR WAT PRINSE WORD, EN HEKSE TOOR
EN VAN PRINSESSE WAT IN WEELDE DANS DWARSDEUR DIE NAG

EK SÊ VIR JOU JY SAL MY NIE ONTHOU MET SO ‘N STORIE NIE,

MAAR WEL MET ELKE KEER WANNEER ‘N SPROKIE WAARHEID WORD

KOOR


JY SÊ VIR MY EK MOET VIR JOU ‘N PRENTJIE VERF, SODAT JY MY

KAN ONTHOU WANNEER EK DALK SOU WEGGAAN MET DIE TYD
JY SÊ JY WIL DIE KLEURE EN DIE LELIES SIEN VAN MONET
EN DAT VAN GOGH OOK TOG ‘N PLEKKIE IN MY PRENT MOET KRY

EK SÊ VIR JOU JY SAL MY NIE ONTHOU MET SO ‘N PRENTJIE NIE,

MAAR WEL MET ELKE KEER WANNEER DIE SON WEGSAK IN GOUD

KOOR:

ONTHOU KOM UIT DIE BLOUTE, LIEF
ONTHOU KOM UIT DIE NIET
JY SAL DIT NIE KAN TEKEN NIE
JY SAL DIT NIE KAN SIEN NIE

ONTHOU KOM UIT JOU HART

ONTHOU IS IN JOU HART

2 comments:

  1. Pretty good post. I just stumbled upon your blog and wanted to say that I have really enjoyed reading your blog posts. Any way I’ll be subscribing to your feed and I hope you post again soon.
    Cigarettes

    ReplyDelete
  2. Merely a smiling visitant here to share the love (:. btw outstanding style
    Rock Hill SC Used Cars

    ReplyDelete