Tuesday, 31 May 2011

Woorde van Bottletjie Blou - David Kramer


vir 'n slang is ekkie bangie
hulle kannie vir my vangie
maar vir jou vir jou vir jou
my botteltjie blou

sonner tanne ekkit skurwe hanne
en ekke woon hie teen die berge se hange
net vir jou net vir jou vir jou
my botteltlie blou

daarse klip in jou hand en jy vloek en jy huil
jou oë is geel en jou vel is vuil
vannaand steek die honger weer soos doringdraad
nogge paar sente vannie leë borrels
maak toe jou oë maak oop jou gorrel
die duiwel het lankal die engeltjies omgepraat

sny die brood ek is innie nood
ekke lê hier stukkend innie sloot
dissie blou dissie blou
wat aan jou derms so kou

honne blaf by elke hek
net waar ek gaan skree hulle: voetsek
jy's te rou jy's te rou jy's te rou
my botteltjie blou

koor

bene is pap my broek is gelap
en ekkis innie wind geklap
dissie blou dissie blou die blou
wat aan jou derms so kou

nogge dop nogge jaar
o jirre my kop is so deurmekaar
net vir jou net vir jou vir jou
my botteltjie blou

No comments:

Post a Comment