Tuesday, 31 May 2011

Begrafnistyd in Zeerust - Anton Goosen

DIS BEGRAFNISTYD IN ZEERUST, ONS OOM WILLEM IS TOE HEEN
VOOR DIE TAKKANTOOR VAN DIE ONDERNEMER
STAAN 'N HORDE STIL EN WEEN


DIS BEGRAFNISTYD IN ZEERUST, EN DIE STOET STAP STADIG AAN
NA DIE MOEDERKERK IN KERKSTRAAT, SELF DIE ASBOY KNIP 'N TRAAN
EN DIE DIENS IS SO LANGDRADIG, ELKE SITPLEK VOL GEPAK
DIE VROUENS MET GEHUILDE OË EN DIE MANS SE GESIGTE STRAK
EN ONS HOOR WEER VAN SY DADE, 'N STAATSMAN VIR DIE UUR
SY LIEFDE VIR SY VADERLAND, SY VOLK EN SY KULTUUR


DIS BEGRAFNISTYD IN ZEERUST, EN DIE DIENS STAAN EINDE TOE
DOMINEE ROEP OOK 'STOF TOT STOF', AANSTAP BEGRAFPLAAS TOE
NET TOE ROEP 'N STEM VAN AGTER VAN OOM WILLEM SE PROKUREUR
A NEE A SY TESTAMENT MOET EERS OOPGEMAAK WORD
SO WOU OOM WILLEM DIT MOS LAAT GEBEUR
DIE BEGRAFNISSTOET IN ZEERUST, ALMAL TOT DIE MURG GESTEUR
MAAR DIE WETSMAN HOU HOM BY SY PUNT
DIS WETTIG EN SO GAAN DIT GEBEUR
EN HY HOU SUMMIER DIE BRIEF OMHOOG EN LEES DAT ALMAL HOOR
GESKOKTE STILTE TREK NET SOOS 'N VELDBRAND OOR ELKE OOR
EN SO SKRYF OOM WILLEM:


WAG NET 'N BIETJIE LIEWE VRINNE HIER VAN MY
GAAN GOU EERS NA DIE STADSAAL VIR 'N OPSKOP BOEREPARTY
EK WIL NIE TRANE SIEN OF HOOR WEES VROLIK EN WEES BLY
VIER FEES EN HOU MAKIETIE EN DINK DAN SO AAN MY


DIS BEGRAFNISTYD IN ZEERUST OPGEWEKTE STOET STAP FRIS
EN VROLIK HOM OOM WILLEM SAAM EN GLIMLAG IN SY KIS
BY DIE STADSAAL DAAR IN ZEERUST IS DIE PANNEKOEK AL KLAAR
KOEKSUSTERS EN DIE GEMMERBIER, KONSERTINA EN DIE KITAAR


LE LE LE . . . . . . . . . .


WAG NET 'N BIETJIE LIEWE VRINNE HIER VAN MY
GAAN GOU EERS NA DIE STADSAAL VIR 'N OPSKOP BOEREPARTY
EK WIL NIE TRANE SIEN OF HOOR WEES VROLIK EN WEES BLY
VIER FEES EN HOU MAKIETIE EN DINK DAN SO AAN MY


MET 'N LE LE LE LE . . . . . . . . . . .

1 comment: