Tuesday, 31 May 2011

Brief vir Simone - Anton Goosen

VÊR ONDER MY DRUIS DIE STADSGELUIDE
DIE HART VAN KILLBROW WAT FLINK AANSTAP
DIE STRAATPREDIKANTE EN HARI KRISNA PROFETE
GROOT ROOI BUS SNORK VERBY, DIE LAATAANDKOERANTVERKOPERTJIE SKREE
IN DIE MEGANIESE GRAMMADOELA OERWOUD
HYSBAKKE GLY OP EN AF, BLITSPATROLLIE SKEUR DEUR DIE NAG
EN EK SIT OP DIE HILLBROW TORING EN WAG VIR SONOP
EN SKRYF 'N BRIEF VIR SIMONE
EK WIL JOU HÊ, SIMONE, EK WIL JOU HÊ, SIMONE, EK WIL JOU HÊ, SIMONE

DIE MEISIES VAN DIE AAND WINK, STRAATMUSIKANT SE HOED LÊ HONGER EN WAG

OM SILWER MUNTE VAN DIE VERBYGANGERS OP TE VANG
'N BLINDE MET 'N WIT STOK STROMPEL
DIE KUNSGALLERY SE GASTE SIEN HOM NIE
HUL OË VOLG DIE ART NOUVEAU VAN DIE ARTIES
EN LATER DRA 'N DIGTER VOOR, T.S. ELLIOT EN HY VERSMOOR DIE KUNS
MAAR EK SIT OP DIE HILLBROW TORING EN WAG VIR SONOP
EN SKRYF 'N BRIEF VIR SIMONE

JOU GLIMLAG WAS VOL DEERNIS, JY'Y MY ONEINDIGE ARGUMENTE BELUISTER

MET DIE PSEUDO LEIERS VAN DIE KULTUUR
HUL REDENASIES OOR REÏNKARNASIE, SOSIALISME, SPORT EN OOR DIE DIGKUNS
EN OF DIE HELE WÊRELD DALK VERKEERD IS
JY SOEN MY TOE ONS HUIS TOE RY EN DIE GASTE SMOORKWAAD AGTERBLY
EN NOU SIT EK OP DIE HILLBROW TORING EN WAG VIR SONOP
EN SKRYF 'N BRIEF VIR SIMONE

EK WIL JOU HÊ, SIMONE, EK WIL JOU HÊ, SIMONE, EK WIL JOU HÊ, SIMONE



ONTHOU JY ST MARKUS IN VENISIË, DUIWE WAT MY JAS TOESAK

JY'T GELAG EN GESÊ EK LYK VIR VIR JOU SOOS JOHANNES DIE DOPER
EK'T GESÊ: KUNS HET MOS GEEN GRENSE JY'T MY REGGEHELP
EN GESÊ AS GEVOLG VAN DIE SAMELEWING IS DIE KUNS MOS GEBONDE
MAAR ONS WAS JONG VERLIEFDES TOE, JOU SKIP HET OM DIE PUNT GESEIL
EN EK SIT OP DIE HILLBROW TORING EN WAG VIR SONOP
EN SKRYF 'N BRIEF VIR SIMONE


JOU HANDSKOEN IN DIE STORMWATER, DIE NOORDWIND YSIG DEUR ONS HARE

HERINNERING IS SOMS NET FREUDIAANSE INSEKURITEIT
WANT KATRYN-KATRYNTJIE, MY WINTERVROU, AL MY LIEDJIES WAS NET VIR JOU
MY VERSE NAIF MAAR HART OP DIE MOU
}NOU WEET EK DIE DONKIETJIE, SE HART VERLANG NA JOU
WANT HY SIT OP DIE HILLBROW TORING EN WAG VIR SONOP
EN SKRYF 'N BRIEF VIR SIMONE

EK WIL JOU HÊ, SIMONE, EK WIL JOU HÊ, SIMONE, EK WIL JOU HÊ, SIMONE

No comments:

Post a Comment