Tuesday, 31 May 2011

Trompie - Anton Goosen

TROMPIE EN DIE BOKSOMBENDE
DIS BLIKKIES, DAWIE, ROOIE EN BOESMAN DIE BRAK
DAAR KOM TROMPIE EN DIE BOKSOMBENDE
MET INGEDUIKTE SKOENE EN ‘N KETTIE IN DIE SAK
MET INGEDUIKTE SKOENE EN PADDAS IN DIE SAK

KWAGGABERG SE HOOFSTRAAT KEN DIE BOKSOMBENDE

VIR ALLERHANDE KATTEKWAAD IS HUL AL ‘N LEGENDE
BLIKKIES KOU ‘N GRASSIE, DAWIE IS DIE SLIMKOP
EN ROOIE WIL SY GROOTTOON ROER, MAAR DIE ANDER TONE ROER OOK

TROMPIE EN DIE BOKSOMBENDE

DIS BLIKKIES, DAWIE, ROOIE EN BOESMAN DIE BRAK
DAAR KOM TROMPIE EN DIE BOKSOMBENDE
MET INGEDUIKTE SKOENE EN ‘N KETTIE IN DIE SAK
MET INGEDUIKTE SKOENE EN PADDAS IN DIE SAK

KWAGGABERG SE KLOOF IS DIE SWEMPLEK VAN DIE BENDE

IN DIE FORT HOU HUL VERGADERING IN ‘N KRINGETJIE GEBUK
EN DAN ONTLOK HUL DINGE SELFS ‘N GLIMLAG BY BEKENDES
MAAR OOK ‘N FRONS OF TWEE AS HUL STREKE HANDUIT RUK

WANT TROMPIE IS ‘N KLONG MET ‘N HEMP WAT VER UITHANG

MET KOUSE OP SY SKOENE EN ‘N VUILSTREEP OOR DIE WANG
SY ONDEUNDE OË GLIMLAG AS HY VIR SY VRINNE WINK
EN NUWE MANEWALES WORD VAN VOORAF UITGEDINK

TROMPIE EN DIE BOKSOMBENDE

DIS BLIKKIES, DAWIE, ROOIE EN BOESMAN DIE BRAK
DAAR KOM TROMPIE EN DIE BOKSOMBENDE
MET INGEDUIKTE SKOENE EN ‘N KETTIE IN DIE SAK
MET INGEDUIKTE SKOENE EN PADDAS IN DIE SAK

(Solo)


TROMPIE EN DIE BOKSOMBENDE

DIS BLIKKIES, DAWIE, ROOIE EN BOESMAN DIE BRAK
DAAR KOM TROMPIE EN DIE BOKSOMBENDE
MET INGEDUIKTE SKOENE EN ‘N KETTIE IN DIE SAK
MET INGEDUIKTE SKOENE EN PADDAS IN DIE SAK

1 comment: