Tuesday 31 May 2011

Woorde van Groet - Chris Chameleon

Wie weet waar liefde leef
as dit nie in jou hart kan wees
en wie kan raai wie's die man
wat die rots wat jou hart is kan beweeg

En ek groet met die wete dat ek jou agterlaat
in jou liefdelose bestaan
en ek skaam my om my rug te draai
want dis weer ek wat die liefde verraai

Lief en leed koester ek steeds
sal ek jou ooit kan vergeet
want tyd sal leer
maar tyd verteer
die hart binne my wat steeds aan jou kleef

No comments:

Post a Comment