Tuesday 31 May 2011

Woorde van Wag - Brixton Moord en Roof

Stewels in die nag
Perron wat wag
Daar's reën op die ruit
Die vlae waai traag Suid

Refrein:
Steeds geen teken
Niks om op te reken
Ooit weer die streling?
Glim die koue reling

Die perron is verlate
Die spore vol gate
Die sement swyg koud
Die nag is oud
Was dit daar n voetstap
Digby die deur wat klap?
Die vlae lag luid
Daar's spore op die ruit

Nou die sinjaal wat lag
Steeds bly dit nag
Daar's dou op die ruit
Die vlae wil muit

No comments:

Post a Comment