Tuesday 31 May 2011

Sper Gebied - Brixton Moord en Roof

Daar's meriete in dronkword op jou eie
Met 'n bottel en net een glas
Daar's meriete in dronkword op jou eie
Is jy seker van die smaak van jou pyn
Weet jy hoe proe jou pyn
Hoog die glas - jou gewete lag sag
Haar mond was rond - die vorm van 'n wond

Skel skyn die lig van my kombuis
Alles is stil – net die yskas wat suis
My voete word kouer maar my kop kry warm
As die druppels langs my mond nog talm

Ek wil hurk in die gorrel van die bottel
Ek wil skuil in die stilte tussen teue
Maar ek leef in spasie tussen bottels
Soos my huis van vrede in die storms verweer

Kyk, die son val in druppels af teen my bors
Buite reën die blare, maar ek bly dors
Laat die oggend maar reën en die nag vergaan
Dit is 'n bottel waarop my huisie staan



1 comment: