Tuesday 21 June 2011

Woorde van Ek Othou - Mel Botes

Ek onthou…

Sommer lank terug sommer nou
in ‘n groot kombuis sy swetend staan en brou
en ‘n laatdag son verskilfer oor ou rooisand
waar ‘n voetpad kronkel tot binne in die land
Ja my oupa sit so bakhand voor die draadloos
in ‘n dowe wêreld skreeu ‘n nuusberig hom voos

Ek onthou vanaand
weer ons eerste groet
die klaaglied van ‘n sug
en ek wens ek kon jou lag weer hoor
teen die aanslag van ‘n sagte hemelkoor

Ja ek onthou
ek onthou
ek onthou
net vir jou

Ek onthou
ja ek onthou
as ek my oë toemaak
sien ek net vir jou

Ek onthou

Sommer gister sommer nou
‘n verlede vol besoekers en berou
in ‘n aandgebed se saampers van ‘n hartsdruk
bring die bitter uit die soetwyn wat ek sluk

Ek onthou vanaand
weer ons laaste groet
die klaaglied van ‘n sug
en ek wens ek kon jou lag weer hoor
teen die aanslag van ‘n sagte hemelkoor

Ek onthou…

1 comment: