Tuesday 21 June 2011

Woorde van Die Reisiger - Mel Botes


n Reisiger stap deur ‘n herfsvallei
in weerloosheid van ‘n weggooikind
Hoe lank moet dit neem om iets te laat sien
hoe lank nog voordat enigiemand iets gaan hoor
Mamma stap in hospitaalgange af en ruik na gewasde lyke
Pappa trek eiehandig die masjien uit die bakwerk

‘n Jammerte het my laat terugspoel deur ‘n tydlose album
‘n verwarring laat my slegs verwonderend snak na ‘n gevlegselde slet
met maanvoete trek my rugstring my draaie kort
en ek bid vreesloos deur die nagmaalsdiens

‘n Reisiger stap deur ‘n herfsvallei
in die riging van vervreemde tyd
hoe lank nog
Here
hoe lank nog?

Ek onthou jou voetstappe in n afskilf gang
jou spookbeeld wat in ‘n houtraam hang
mag die hemel op jou neerdaal en jou behoed
en bid jy soms vir my
of hou jy soms verby

‘n Droefling het jou jas afgepluk
en my dop aan ieder getoon
stuk vir stuk skeur daar gletsers weg
van ‘n yskoue somber ikoon

‘n Reisiger stap deur ‘n herfsvallei
in dieselfde rigting in ‘n ander tyd
hy krap rond in sy verlede
en hou by alles verby


No comments:

Post a Comment