Thursday 9 June 2011

Woorde van Herbergier - Koos Du Plessis

As jy wil vlug van alles -
profete, dromers, malles
my deur word nooit gesluit
maar hou die hele wêreld uit

En praat maar, niemad hoor nie
ek dra geen woord ooit oor nie
ek luister wat jy sê
maar in my hart bly alles lê

Die nag is net toe deure
gegrendel en gesluit
en hoop klop soveel kere
maar die stilte hou hom uit...ek weet

As jy wil huil - ek steur nie
daar's geen oor teen n deur nie
Geniet net wat ek het
Ek het die tyd by my huis belet

No comments:

Post a Comment