Thursday 9 June 2011

Woorde van Mornay - Koos Du Plessis

Mornay, Mornay, wie anders kan daar wees
as jy, Mornay?
Want jy is die tuiskoms vir my.

Ek's n kind, in die wind;
jy's die ver vreugdevure,
die lamp en die pad
en die vier kamermure
en ek weet jy vergeet soms
die nagte van soek in die reën,
alleen, want die hoop en jy is een.

Soms, as ek vergeet,
pak skimme my beet

Maar jy, Mornay, sien skaduwees, maar kyk
verby, Mornay,
die dae dryf soos wolke verby.

En jou oë laat my glo dat daar iewers tog sin
is;
dat iewers, na alles, daar nog n begin is.
Want verby is verby en die toekoms is helder
vir my, Mornay,
want die toekoms is jy.

Die nag word soms kil;
jou lag raak soms stil..

Maar jy, Mornay, kan woordeloos my hart
verbly, Mornay,
uiteind'lik, moet ek tog bely, Mornay.
Jy is alles binne my, Mornay.
Jy is alles vir my, Mornay.
Jy is alles, Mornay.

No comments:

Post a Comment