Thursday 9 June 2011

Woorde van Pretoria - Koos Du Plessis

Pretoria, jakarandastad,
dis weer Oktober maand...
Miskien is dit die rede dat
ek so verlang vanaand,
want hoeveel jare het jy nie
my lief en leed gedeel--
en stil geluister wanneer ek
my ou kitaar bespeel.

Pretoria, jakarandastad,
waar ek so graag alleen
straat-op en -af geslenter het
in die lentereën;
waar meisies lank na middernag
nog deur die vensters loer
en dromend luister na die lied
van elke troebadoer.

Pretoria, jakarandastad,
die tyd gaan gou verby
en daardie jare lê soos
ylblou berge agter my.
Maar steeds is ek die troebadoer
wat almal wil vertel
van jou, ou jakarandastad,
met sang en snarespel.


6 comments: