Tuesday 21 June 2011

Woorde van Woorde het Vlerke - Lize Beekman


Daar is net een ding
Wat ek by jou wil weet
en ek gaan hierdie vraag
net een keer vra:
Het jy vergeet woorde het vlerke?

Dit begin by n gedagte,
n wete, n keuse
In jou kop,
Wat jy dan sif deur die gate
En die pype van jou hart
Of nie
Dan gaan die boodskap
Na jou tong,jou lippe
En jy sê dit hardop
Jy verloor alleenreg
Of jy ooit die reg gehad het
Of nie

Dit word n gedagte
n wete, n keuse
In n ander een se kop
Wat dit sif deur die gate
En die pype van n hart
Of nie
Die boodskap gaan na n tong, lippe
En n ander een sê dit
Hardop

En jou selfveroorloofde
Alleenreg woorde
Draai, maal, kolk en stort
En word asof...volksbesit

En dae, weke, maande, tyd later
Kom lê jou woorde in my oor
Woorde oor my
Rondom my
En dit vat aan my...

En ek probeer en probeer en weer
Om dit te sif, sif, sif
Deur die gate en die pype
Van my hart
Maar dit lê soos klippe
In n sif van die fynste ogiesdraad
En ek dink jy't vergeet:
Woord het vlerke - dit vlieg!
En hoe langer die vlug
Hoe moeër raak die vlerke
En dit sak laer, laer, en laer...

En ek wens jy't in my oë gekyk
En die woorde oor my
Liefs in my kom lê
Dan was die vlug soveel korter

Die vlerke soveel sterker
En ons albei kon vlieg!

4 comments: