Tuesday 21 June 2011

Woord van As - Mel Botes

As jy maar kon sien
as jy maar kon voel
sou ek jou sê
vir jou ‘n storie vertel
Die wêreld lê en slaap
in ‘n ou mens se kot
my klein preweling
my brose sterweling

Maar as ek net kon
sou ek veel harder skree
maar my stem is ‘n knaldemp se loop

Ja as ek net kon
sou ek veel harder skreeu
so hard soos die atoombom
se gil

En ek sien jou weer
maar die keer deur die oë van ‘n kind
ja ek sien jou weer
waar jy slaap in die nag
in ‘n koue wintersnag
trek die kombers oor jou oë

Want jy kan sien . . .

As jy maar kon sien
as jy maar kon voel
sou ek jou sê
vir jou ‘n storie vertel

Die wereld lê en slaap
in ‘n ou mens se kot
van ‘n leë wintersvrug
tot ‘n swanger somersonthaal

My klein preweling
my brose sterweling
jy weet hulle sal jou kom haal

Maar as ek net kon
sou ek veel harder skreeu
maar ek is nou strompelstom

(en skuifel bedeltreë)

En ek sien jou weer
maar die keer deur die oë van ‘n kind
ja ek sien jou weer

Waar jy slaap in die nag
in die donker wat wag
trek die kombers oor jou oë
want jy kan sien.

No comments:

Post a Comment