JOSIE JOSIE, JOSIE JOSIE, MOENIE JOU DROME LAAT NATREEN NIE JOSIE JOSIE, JOSIE JOSIE, BLY SOOS JY IS, 'N MENS VOL MENS HOE KAN EK VERTEL, HOE DIT IS OM VRY TE WEES VRY SOOS 'N DUIF AAN DIE BLOU LUG VASGEBIND OM DIE WIND TE SIT EN SOEN EN MET IEMAND OUD TE WORD EN DIE FLENTERS EN DIE LIEFDE DAN SAAM OP TE TEL JOSIE JOSIE, JOSIE JOSIE, MOENIE JOU DROME LAAT NATREEN NIE JOSIE JOSIE, JOSIE JOSIE, BLY SOOS JY IS, 'N MENS VOL MENS HOE KAN EK VERTEL HOE DIT IS OM LIEF TE WEES MET MY HART SO OP MY MOU VIR 'N VROU TE SIT EN SING EN TE SOEK NA ALS WAT WAAR IS EN DIE BOODSKAP UIT TE DRA AS MY HART VANNAG SO BEWE EN VÊR TEEN MY SPOEL JOSIE JOSIE, JOSIE JOSIE, MOENIE JOU DROME LAAT NATREEN NIE JOSIE JOSIE, JOSIE JOSIE, BLY SOOS JY IS, 'N MENS VOL MENS HOE KAN EK VERTEL WAT DIT IS WAT EK AAN GLO AS EK ELKE DAG VAN VOORAF LEER OM VERDER AS VÊR TE SIEN AS DIE STER VAN BETHLEHEM DEUR MY TRANE VOOR MY DANS EN DIE LIG IN DIE VALLEI DEUR DIE RUIMTES WEGGEDRA WORD JOSIE JOSIE, JOSIE JOSIE, MOENIE JOU DROME LAAT NATREEN NIE JOSIE JOSIE, JOSIE JOSIE, BLY SOOS JY IS, 'N MENS VOL MENS JOSIE JOSIE, JOSIE JOSIE, MOENIE JOU DROME LAAT NATREEN NIE JOSIE JOSIE, JOSIE JOSIE, HURK BY DIE STERRE, 'N MENS VOL MENS | |
Tuesday, 31 May 2011
Woorde van Josie Josie - Anton Goosen
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment