Tuesday, 31 May 2011

Woorde van Pas Getroud - Anton Goosen

O DIE BRUID STAAN LANGS DIE BRUIDEGOM, DIE DOMINEE VRA SY VRAE
HUL GEE MEKAAR DIE REGTERHAND EN ALTWEE ANTWOORD, JA
DIE ORREL BLAAS SY EERSTE NOOT EN HY VOEL SO BENOUD
JOU MAMMA BIGGEL TRANE, WANT ONS IS PAS GETROUD

ONS TEKEN DIE REGISTER IN DIE KONSISTORIE BOEK

DIE FOTOGRAAF HOP ORAL ROND, HY SOEK DIE BESTE HOEK
JOU SUSSIE HOU KONFETTI REG, JOU PAPPA VRYF SY SNOR
JOU HAASBEK BOETIE MET DIE SHU-SHINE
HY HANG VISPLIKKE AAN ONS TJOR

WANT ONS IS PAS GETROUD, JOU VOETE KIELIE MYNE

PAS GETROUD, SKURWE VOETE, MYNE
PAS GETROUD, DIE BESTE MEDISYNE IS LEKKER LEPEL LÊ
PAS GETROUD, JOU VOETE KIELIE MYNE
PAS GETROUD, STOUTE VOETE, MYNE
PAS GETROUD, DIE BESTE MEDISYNE IS LEKKER LEPEL LÊ

O DIE WIT ROK EN DIE GOUE RING, O JY LYK VIR MY SO MOOI

ONS SIT DAAR LANGS DIE HOOFTAFEL, AL DIE FAMILIE IS GENOOI
DIE DANSORKES SPEEL SAGKUNS EN DIE TROUKOEK WORD GESNY
DIE BAKVISSIES HUL GIGGEL ASOF ONSTWEE NOU GAAN VRY

DIE SEREMONIEMEESTER SE GRAPPIES IS BRA FLOU

EN HY VERTEL VIR ALMAL HOE'T EL KLEINTYD AL VERBROU
HY LYK VIR MY SO BAIE NA TANT KOEK SE HOENDERHAAN
EN ONS WALS DIE EERSTE WALSIE TOT ONDER DIE SEKELMAAN

WANT ONS IS PAS GETROUD, JOU VOETE KIELIE MYNE

PAS GETROUD, SKURWE VOETE, MYNE
PAS GETROUD, DIE BESTE MEDISYNE IS LEKKER LEPEL LÊ
PAS GETROUD, JOU VOETE KIELIE MYNE
PAS GETROUD, STOUTE VOETE, MYNE
PAS GETROUD, DIE BESTE MEDISYNE IS LEKKER LEPEL LÊ

WANT ONS IS PAS GETROUD, JOU VOETE KIELIE MYNE

PAS GETROUD, SKURWE VOETE, MYNE
PAS GETROUD, DIE BESTE MEDISYNE IS LEKKER LEPEL LÊ
PAS GETROUD, JOU VOETE KIELIE MYNE
PAS GETROUD, STOUTE VOETE, MYNE
PAS GETROUD, DIE BESTE MEDISYNE IS LEKKER LEPEL LÊ

WANT ONS IS PAS GETROUD, JOU VOETE KIELIE MYNE

PAS GETROUD, SKURWE VOETE, MYNE
PAS GETROUD, DIE BESTE MEDISYNE IS LEKKER LEPEL LÊ
PAS GETROUD, JOU VOETE KIELIE MYNE
PAS GETROUD, STOUTE VOETE, MYNE
PAS GETROUD, DIE BESTE MEDISYNE IS LEKKER LEPEL LÊ


No comments:

Post a Comment