Thursday 9 June 2011

Woorde van Die Somer is verby - Koos Du Plessis

daar was 'n vroeer tyd van drome droom
van vlinders jag van boom tot boom
van stil beloftes om die storievuur
onthou jy, iemand het geglimlag
iemand het geweet
dat jy en ek tog eendag
alles sou vergeet
en nou's daar niks wat ek kan doen nie
niks kan ons versoen nie
dis reeds diep in Junie
die somer is verby

want tyd is wind en wind is, nes 'n kind,
op soek na iets, ies ver en nuuts
en so raak jy uiteindelik verdwaal
en daardie aand toe ek totsiens se
die rook ons half verblind
en jy jou wereld in my hande le
was ek net 'n kind

en nou's daar niks wat ek kan doen nie
niks kan ons versoen nie
dis reeds diep in Junie..
die somer is verby

No comments:

Post a Comment