Thursday 9 June 2011

Woorde van Skadu teen die muur - Koos Du Plessis


As jy my kon volg op die vleuels van die wind
na werelde oorkant die maan,
sou jy my spoor in die melkweg vind,
my tent tussen die sterre sien staan...

Want ek is nog jonk en die wereld is oud;
sy skadu val ver deur die ruim.
neem nou my hand, want die nag word koud
en waarom sal ons versuim?

as jy my kon liefhe tot alles vergaan
en nooit ooit die skeiding sou vrees
sou ons die lewe kon leer verstaan--
'n oomblik gelukkig kon wees.

maar ons is nog jonk en die wereld is oud;
en voor ons het almal gefaal.
neem nou my hand, want die nag is koud...
dis dalk die heel laaste maal.

No comments:

Post a Comment